Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

’n Koue Antwoord Kan Jou Dalk Baie Kos

19 August 2020

’n Eksperiment is by MIT gedoen waarin studente ’n aflosprofessor vir ’n Ekonomieklas gehad het.

Voor die aanvang van die klas het studente ’n kort biografie ontvang wat hom beskryf het; twee verskillende weergawes van die biografie is egter gelykop onder die klas uitgedeel. Die weergawes het met net twee woorde verskil. Een het die aflosprofessor as ‘baie warm’ beskryf, en die ander as ‘taamlik koud’.

Na afloop van die klas het elke student dieselfde vraelys oor die aflosprofessor ingevul. Die studente wat die biografie ontvang het waarin hy as ‘baie warm’ beskryf is, het baie van hom gehou. Die studente met die biografie waarin hy as ‘taamlik koud’ beskryf is, het gedink hy is asosiaal, ongewild, sonder humor en harteloos.

Alhoewel die studente dieselfde lesing deur dieselfde professor bygewoon het, het hul indrukke van hom baie verskil.

Dit wys hoe belangrik dit is om met integriteit op te tree. Indien ’n beskrywing van twee woorde só ’n groot indruk op mense kan maak, maak ons optrede en ons karakter sonder twyfel blywende indrukke op die mense met wie ons omgaan. Boonop word daardie indrukke oorgedra – waarskynlik in meer as twee woorde.

Integriteit beteken om die waarheid te vertel, selfs al is dit nie mooi nie. Dit laat ons die wêreld sien soos dit werklik is. Dit kan selfs daartoe lei dat ons ’n persoon waardeer vir wie hy of sy is en nie op grond van ’n kort beskrywing nie.

Party mense verander hul karakter na gelang van die mense by wie hulle is, maar wanneer ons met integriteit optree, skep ons ’n eenvormige weergawe van onsself. ’n Weergawe wat in die openbaar en privaat, by vriende en familie, dieselfde is. ’n Weergawe wat billik sake doen, eerlik met geld werk en passievol oor mense is.

Die koue weer kan ons temperament beïnvloed. Die inperking en stram ekonomie kan ’n impak op ons temperament hê. En ons gemoedstemming kan saam met die seisoene wissel, maar solank ons dade by ons woorde pas (en in ooreenstemming met ons waardes is), tree ons met integriteit op.

By SFP gee ons om vir die vlak van diens wat ons lewer en die geldigheid van die oplossings wat ons aanbeveel. Ons is daartoe verbind om jou van die beste oplossings wat op eerlike advies en gesonde morele beginsels gegrond is, te voorsien.


Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam