Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

​​​​​​Welvaartmeesters™ se Projek vir ’n Goeie Doel: “Een Leerder, Een Paar Skoene”

5 September 2018

Geïnspireer deur Madiba se toewyding om ’n maatskaplik inklusiewe samelewing te bou, is die personeel van Sanlam aangemoedig om deel te neem aan bogenoemde projek en te help verseker dat behoeftige laerskoolleerders by ons Blue Ladder-skole ’n paar skoolskoene het. Personeel kon óf ’n paar skoene koop óf ’n bedrag tot die inisiatief bydra.

Die skoeneveldtog het in Junie afgeskop en Welvaartmeesters™ het die geleentheid aangegryp om vir ’n goeie doel te werk. Personeellede van Sanlam het binne slegs twee maande altesaam 377 paar skoene en R28 000 bymekaargemaak, wat neerkom op 254 paar skoene. Verder het die span van Sanlam Sky 40 paar skoolskoene by die laerskool Dukemini in KwaMashu in KwaZulu-Natal afgelewer en die Sanlam Stigting het 100 paar skoolskoene by die laerskool Ludwe Ngamalana in Khayelitsha in die Wes-Kaap afgelewer, terwyl Alice Lane (Jhb) 50 paar skoolskoene by die laerskool Hitekani in Soweto afgelewer het as deel van Mandela-dag in Julie.

Hoe Dit Werk

As deel van ons eeufeesvieringe, het ons werknemers die gawe om te gee en die geleentheid om ’n verskil te maak, aangegryp deur:

  • Vrywillig tyd afgestaan: Ons gee aan ons werknemers een volle verlofdag per jaar om hul tyd aan ’n Blue Ladder-skool of die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse te wy.
  • Geld te skenk deur ’n salarisaftrekking: Werknemers kan direk uit hul salaris finansieel tot ons Blue Ladder-skole of die liefdadigheidsorganisasie van hul keuse bydra.

By Sanlam glo ons as Welvaartmeesters™ dat dit nie net gaan daaroor om jou eie potensiaal te verwesenlik nie, maar ook om ingestel te wees op wat die beste vir ander is. Daarom moedig ons ons personeel aan om betrokke te wees by die gemeenskappe rondom ons.

Jy Kan nog steeds vir ’n Goeie Doel Koop

Soos jy miskien reeds weet, het Sanlam “Shop for Good” as deel van ons eeufeesvieringe bekend gestel om die publiek die geleentheid te gee om aan leerders materiaal te verskaf wat hulle nodig het om makliker te leer. Of dit nou R10 of R1 000 is, dit sal aangewend word om ’n verskil te maak in Sanlam Blue Ladder-skole.

Sanlam het “Shop for Good” bekend gestel om beide ons werknemers en kliënte ’n geleentheid te bied om aan skole die noodsaaklike materiaal te help gee wat hulle nodig het om kinders te laat leer. ”Shop for Good” stel jou in staat om tot noodsaaklike skoolmateriaal by te dra deur eenvoudig ’n katalogus met skoolvoorraad deur te blaai. Wanneer jy uit ons katalogus koop, sal jy nie die werklike items koop nie. Die geld wat jy bestee, sal aan die Sanlam Blue Ladder-skoleprojek geskenk en aangewend word om wiskundevaardigheidsvlakke en voeding te verbeter, en belangrike fasiliteite op te gradeer waar dit die nodigste is.

Indien ons vandag in hul opvoeding belê, dink net hoeveel meer elke kind in Suid-Afrika kan bereik – vir hul eie toekoms, vir Suid-Afrika en vir toekomstige generasies.

Jy kan nog steeds vir ’n goeie doel koop en ons help om ’n verskil te maak – besoek die “Shop for Good” webtuiste.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam