Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Die Belangrikheid van Voorbedagtheid

4 Mei 2022

“In die lewe, soos by skaak, wen voorbedagtheid.” – Charles Buxton

Daar is 32 skaakstukke op ’n skaakbord, en die hoofdoel van die spel is om jou opponent se koning te verower. Eenvoudig, nè? Maar as jy Netflix se The Queen’s Gambit gesien het, weet jy dit is nie so nie.

En, as jy self speel, ontdek jy gou dat ’n begrip van die uitslag van die spel nie die beste manier is om die volgende skuif te maak nie. Jy kan dit ook op jou geldsake toepas. Alhoewel jy weet waar jy dit graag sou wou hê, waar begin jy?

Baie beginner-skaakspelers sal op hul opponent se skuiwe reageer. Dit kan lyk asof dit die besluite makliker maak, maar dit ontneem jou die mag om die verloop van die spel te beheer. Met jou finansiële plan behoort jy ook beheer oor jou geldsake te neem en nie op die gevolge van jou finansiële besluite reageer nie.

Jy moet vooruit dink en beplan.

Skaakgrootmeesters kan tot 15 skuiwe vooruit sien. ’n Begaafde speler sal voortdurend op die uitkyk wees na moontlikhede om homself teen die onverwagte beskerm, en dis wat dit so ’n ingewikkelde en intense uitdaging maak.

Dis noodsaaklik om vinnig te kan beweeg en meer van die spel te weet as net die uiteindelike doel daarvan. Stel kort- en tussentermyndoelwitte vas. Dis noodsaaklik om gedurende ’n skaakspel die middel van die bord te beheer. Dit gee jou meer beweeglikheid terwyl jy jou bord beskerm. By SFP glo ons dat ons meer finansiële vryheid kan geniet as dit wat vir ons die belangrikste is, gedek is.

Die beste manier om langtermyndoelwitte te bereik, is om dit in klein, meetbare brokke op te breek. Dit stel ons in staat om vordering na te spoor en gee vir ons mylpale waar ons ons strategie kan herevalueer en hersien. Selfs alhoewel korttermyndoelwitte opsigself onbeduidend kan lyk, is dit nuttig om te onthou dat daar meer op die spel is.

Alhoewel die verlies van ’n pion in skaak onbelangrik kan lyk, kan dit beduidend wees. Dit word as die stadigste stuk op die bord beskou en het beperkte aanvalspotensiaal. Maar, as daardie pion die ander kant van die bord bereik, kan dit enige stuk van jou keuse word. Klein skuifies kan tot ’n magsposisie lei. Baie soos maandelikse bydraes tot ’n beleggingsportefeulje werklik merkwaardige moontlikhede kan skep.

Moderne rekenaars kan enige skaakgrootmeester klop. Dis omdat rekenaars duisende scenario’s en enorme hoeveelhede inligting gelyktydig kan verwerk. Ons noem dit die “benutting van kollektiewe kennis” wanneer dit by finansiële beplanning kom. Deur ons gedeelde ervaring met gevorderde tegnologieë en platforms te kombineer, kan SFP die jongste, innoverende finansiële oplossings bied.

As jy voel jy is by ’n dooie punt of weet nie wat om volgende te doen nie, skakel ons.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam