Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Die Kern van Effektiewe Finansiële Beplanning

20 April 2022

Respek. Integriteit. Moed. Omgee.

Geld word dikwels vergelyk met water, en die vloei van geld met ’n stroom of rivier. Dis nuttig wanneer ons wil gesels oor hoe ons ons geld beter kan gebruik. Ten einde ons geld te bestuur, is dit noodsaaklik om te verstaan waarvandaan dit kom, waarheen dit vloei, en hoe sterk die stroom is. Maar sodra ons weet hoe die geld vloei, moet ons keuses maak om damme en riviermondings te skep en rommel wat die gehalte van die water kan benadeel, verminder. Vir hierdie doel moet ons weet wat die kern van suksesvolle finansiële beplanning is.

By SFP is ons van mening dat geldsukses uiteindelik gaan oor die mense op wie die geld ’n impak het. Daar is ’n interne vlak, ’n sosiale vlak en ’n gemeenskapsvlak. Ons geld is net doeltreffend as ons dit opsetlik en met ’n bepaalde doel gebruik – en dis waarom finansiële beplanning so belangrik is.

Finansiële beplanning moet begin met respek vir mense, nie vir die markte, beleggings of risikoprodukte nie. Dit gaan nie daaroor om produkverskaffers aan die gang te hou nie; dit gaan oor die bewaring, groei en voorsiening vir onsself en ons gesinne, en dus ook ons breër gemeenskap. Elke gesprek oor finansiële beplanning behoort met jou en jou behoeftes te begin, en nie ’n markoorsig of portefeuljebywerking nie.

Om met respek vir mense te begin, help ons om met integriteit op te tree. Integriteit gaan daaroor om by ons voorneme te bly. Ten einde met integriteit op te tree, moet ons tyd neem om na te dink oor wie ons is en hoe ons ons doel kan verwoord en omskryf. Daar word beweer dat as jy wil weet wat vir jou belangrik is, jy moet kyk waarheen jou geld gaan. Ons kan dit omdraai en sê dat wanneer ons sien wat vir ons belangrik is, ons kan kies om ons geld in daardie rigting te laat vloei.

Maar dit verg baie moed om ons persoonlike pad te kies. As ons met moed lei, stel dit ons in staat om beheer oor ons eie keuses uit te oefen en help dit ander om te weet dat hulle ook die keuses kan maak wat die beste vir hulle en hul doelwit is. Dis die vroeë stadium van omgee vir ander en bedagsaamheid wat hul keuses en situasies betref.

Per slot van rekening is dit ons waardes as finansiële beplanners by SFP. Respek vir mense, om met integriteit op te tree, met moed te lei en vir mekaar om te gee. Die waardes hou almal verband met mekaar en deurdring alle areas van die lewe, nie net finansiële beplanning nie. Dit help ons om beter lede van ons gesinne, beter adviseurs vir ons kliënte, en beter lede van ons gemeenskappe te wees.

Hoe jy met jou geld werk, is intrinsiek verbind met hoe jy jou lewe lei; so ook is die kern van suksesvolle finansiële beplanning.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam