Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Die Sleehond-konsep

8 Junie 2020

Sleehondwedrenne is ’n uiters mededingende sportsoort. Dit kos deelnemers baie tyd, inspanning en geld om ’n wenkombinasie van honde, toerusting en strategie te skep. Jy mag dalk verbaas wees oor die feit dat by ’n toekenningsbanket vir ’n sleehondwedren die persoon met die bes onderhoude span, en nie die werklike wenner van die wedren nie, staande toegejuig word. Alhoewel die kompetisie individualisties is, huldig dit ook samewerking, gemeenskap en spanwerk.

’n Sleehondwedren is ’n vertoning van uithouvermoë. Dit gaan oor ’n opdraande stryd, krag en ratsheid, maar dit gaan bowenal oor doeltreffendheid op die lang termyn en samewerking as ’n span. Ons by SFP weet baie van beplanning vir die lang termyn, en ons filosofie is gegrond op ’n samehang van waardes en die daarstelling van blywende vennootskappe met ons kliënte.

Elke hond in die rentrop het ’n unieke rol. Aan die voorpunt is die honde wat die span aanvoer. Hulle moet die meeste intuïsie hê om die subtiele tekens van die sleehanteerder te verstaan en die span agter hulle te lei. Agter hulle is twee honde wat help om moeilike draaie te navigeer. Die middelste honde is spanhonde wat as die kritieke krag van die hele span optree. Heel agter is die sterkste honde in die span.

Dit mag lyk asof die honde heel voor die meeste van die sleepwerk doen, terwyl hulle in werklikheid deur die hele span agter hulle ondersteun word. Wanneer jy ’n kliënt van SFP word, trek jy voordeel uit meer as net die kennis van ’n enkele professionele persoon – jy benut die kundigheid van die hele SFP-span.

Sleehonde is uitmuntende atlete. Hulle wil HARDLOOP. Dit is die sleehanteerder se verantwoordelikheid om te besluit wanneer dit tyd is om tot stilstand te kom en wanneer om te hardloop. Vir ’n slee om rem aan te slaan, word ’n pen in die sneeu ingeslaan sodat die slee nie kan beweeg nie.

Wanneer die honde agterkom dat die sleehanteerder reg is om te begin, spring hulle almal op en kyk vorentoe. Hulle is reg om te hardloop en die toue is styf gespan. Die pen in die grond is die enigste rede waarom die slee nie vorentoe skiet nie.

Die potensiaal van ’n span wat almal in dieselfde rigting trek, is enorm. Soms hoef jy net die leisels te vat en die remme los te maak.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam