Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Die Sterkte van die Driehoek

7 April 2021

Die driehoek is die sterkste vorm wat ’n mens kry. Enige gewig wat daarop geplaas word, word eweredig versprei.

Driehoeke verteenwoordig meetkundige kragtigheid; ongeag hoeveel gewig jy op enige sy plaas, dit sal nie breek nie. Dit is ’n vorm wat met die tyd sy sterkte bewys het – dink maar net aan die piramides.

Finansiële adviseurs is geneig om akkoord te gaan oor die goue driehoek van langtermynwelvaart. Dis nie hoeveel jy verdien wat die kritieke verskil maak nie; dis hoe jy dit bestee, en hoeveel jy terughou. Die drie sye waaruit dit saamgestel is, is versekering, spaar en belegging.

Versekering (risiko)

Ons ken almal iemand wat, in plaas van om versekering uit te neem, dink dat hulle die koste van versekering opsy kan sit vir aanwending in ’n krisis. In die teorie kan dit werk, maar net as jy jou belofte om die geld te spaar, nakom en ’n neseier kan opbou voordat enige ramp jou tref. Versekering is egter vir die lewe se onvoorsiene gebeure en om vir die beste te beplan, is nouliks beplanning vir die onverwagte. Die soms stremmende aard van versekerbare gebeure beklemtoon net die verstandelike en finansiële voordele van versekering. Versekeringsprodukte voorsien miljoene mense van ’n finansiële veiligheidsnet wat hul inkomste, spaargeld en beleggings veilig hou.

Spaar (inkomstebeskerming)

Skuld maak nie net ’n groot gat in jou finansies nie, maar is ook ’n emosionele stressor. Die beste voorsorgmaatreël teen skuld is om ’n noodfonds te hê wat gelykstaande is aan drie tot ses maande se gemiddelde maandelikse uitgawes. Jou spaargeld kan gebruik word om enige skielike groot aankope af te weer. Ideaal gesproke behoort jy nie spontaan van jou spaargeld te kan leen nie. Dit is beter om dit so te struktureer dat jy deur jou finansiële adviseur of die bank moet gaan om toegang tot daardie fondse te verkry wanneer jy dit regtig nodig het.

Beleggings (opbou van welvaart)

Beleggings is ’n onderneming deur jou huidige self om jou toekomstige self se welvaart op te bou. Navorsing het bewys dat wanneer jy in ’n goed bestuurde effektetrustfonds belê en saamgestelde rente verdien, jy op die lang termyn beter kan vaar as die meeste ander soorte beleggings.

Die wonder van die driehoek lê in die feit dat elke sy twee ander sye ondersteun en daardeur ondersteun word. As ’n kliënt van SFP, trek jy voordeel uit meer as net die kennis van een professionele persoon – jy het die kundigheid van ’n hele span tot jou beskikking.

Die verhouding tussen jou finansiële reis, jou beplanner se kennis, en die SFP-span se omvattende ervaring en hulpbronne is ’n trifekta van finansiële sterkte.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam