Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Die Voordeel van Virtuele Vergaderings

13 January 2021

Histories gesproke was die verskaffing van finansiële advies meestal ’n persoonlike ervaring.

Jy vergader met jou adviseur, geniet ’n koppie koffie of tee, bespreek sake, stel vrae en maak saam planne. Alhoewel persoonlike interaksie ’n gewaardeerde sentiment is, voel baie mense dat hulle net nie meer die tyd daarvoor het nie.

Die waarheid is dat in die lig van ’n toenemend digitaalverbonde samelewing baie kliënteverhoudings wat dalk met persoonlike ontmoetings begin het, nou gemigreer het na kontak deur video-ontmoetings, die telefoon en internetgebaseerde dienste. Dit kan die gevolg wees van fisiese hervestiging, teësinnigheid om die verkeer aan te durf of, meer onlangs, ’n mandaat van sosiale afstand.

Wat die rede ook al mag wees, die uiteinde is dat meer kommunikasiekanale aan ons beskikbaar is. Met ’n keuse van telefoonoproepe, sosiale media en e-posse sal jy stellig ’n kommunikasiemedium vind wat die beste in jou behoeftes voorsien. Die tegnologie wat skynbaar die beste nabootsing van ’n werklike ontmoeting is, is die video-oproep.

Omgewings van digitale samewerking en platforms vir virtuele vergaderings, soos Zoom, Google Meet, Microsoft Teams of Skype, neem reeds geruime tyd toe. Daar was die afgelope tyd vinnige openbare aanvaarding van sodanige tegnologieë, en ons probeer nog bepaal hoe om die beste gebruik van hierdie hulpmiddels te maak sonder om te ver te gaan.

Moontlik die grootste voordeel van virtuele vergaderings is die vermoë om maklik ’n opname van die vergadering te maak. (Jy behoort vanselfsprekend te verseker jy het die toestemming van almal wat dit bywoon voordat jy op “Record” klik.) Dit stel ons in staat om voor die volgende vergadering dit wat gesê is, na te gaan en selfs ons geheue op te skerp.

Dit is ook ’n goeie idee om tydkodes vir enige interessante punte tydens die vergadering aan te teken. Hierdie punte kan besonderhede wees waaraan jy voor die volgende vergadering aandag moet gee of onderwerpe wat jy dalk later verder wil ondersoek. Dis in elk geval makliker as om weer na die hele video te kyk.

Die voordeel van ’n opname van die vergadering is dat ons dit kan deel met ons lewensmaat of familielede wat nie die vergadering kon bywoon nie – veral wanneer dit kom by boedelbeplanning of besluite oor finansiële beplanning vir verskeie generasies.

Gelukkig kan ons ’n hibridiese benadering tot kommunikasie volg. ’n Telefoonoproep om kontak te maak, die stuur van dokumente per e-pos, plasings op sosiale media, WhatsApp-boodskappe en opvolgvrae, Zoom-oproepe, gewone pos – en baie meer. Alhoewel niks naby ’n persoonlike ontmoeting kom nie, maak afsonderlike interaksiefunksies op verskillende platforms dit vir ons moontlik om ons kommunikasie te vereenvoudig, in verbinding te bly en nuwe maniere om waarde te ervaar, te ondersoek.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam