Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Digitale Produkte en Finansiële Beplanning

13 January 2021

Die ontwikkeling van digitale produkte en tegnologieë is besig om die wyse waarop ons werk, lewe en ons finansies beplan, te verander.

Verandering kan angswekkend wees, maar hierdie tegnologieë is ongetwyfeld gerieflik. Dit word beklemtoon deur die datagedrewe insigte wat maklik toeganklik is en geëvalueer kan word om jou finansiële toekoms te verseker.

Jy kan dalk verras wees om te hoor dat aanlynbankwese reeds sedert die 1980’s bestaan. Alhoewel die konsep reeds geruime tyd met ons is, het die grootskaalse benutting van die slimfoon daartoe gelei dat aanlynbankwese die moderne hulpmiddel geword het wat dit vandag is.

Danksy die bykomende sekuriteit van SMS-kennisgewings en -bevestiging voel mense meer gemaklik met die gebruik van die tegnologie.

In die hedendaagse digitale omgewing is dit moeilik om jou ’n bank of kredietkaartmaatskappy voor te stel wat nie ’n verwante mobiele toep vir kliënte het om te begroot, hul uitgawes na te spoor, betalings te doen en so meer nie. In elke geval word aandag aan algemene kliënteprobleme gegee – probleme wat nie noodwendig bestaan het voordat ons met ’n vloedgolf van digitale gerief en onmiddellike inligting te make gekry het nie.

En dan is daar die groep beïnvloeders, vriende en familie wat as sosiale media bekend staan. Ons het toegang tot hierdie enorme platforms vir openbare kommentaar, aanbevelings en menings. Sosiale media het ons manier van interaksie met ons sosiale kringe en hoe ons nuus en inligting verwerk, verander. Die kanale waardeur ons kommunikeer, het baie vinnig toegeneem.

Die jongste tendens in dié verband is klaarblyklik telekonferensies en video-oproepe.

Maar wat beteken dit alles vir ons? Dit beteken dat ons toegerus is om vinniger as voorheen veranderinge te maak.

Sommige veranderinge aanvaar ons vrywillig, party word veroorsaak deur die aanname van paralelle tegnologieë, en ander word aan ons opgedring. Wat egter baie duidelik is, is dat die status quo verander het en dat daar geen terugkeer is nie.

Wat finansiële advies betref, is kliënte beter ingelig en wil hulle op hoogte gehou word. Alhoewel ons as adviseurs nog altyd ’n holistiese benadering in ons verhouding met jou gevolg het, stel hierdie verbeterde tegnologieë ons in staat om op meer omvattende vrae te fokus. Het jy genoeg lewensversekering? Hoe kan jy jou spaargeld ná aftrede maksimaliseer?

Met verbeterde outomatisasie, kunsmatige intelligensie en masjienleer op die tegnologiese horison sal ons binnekort selfs meer kapasiteit hê om persoonlike en nommerpas adviesdienste te verskaf.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam