8 Maart 2022
Dis omdat welstand nie van ons rykdom nie, maar van baie ander faktore afhang, waarvan die belangrikste waarskynlik ons geestesingesteldheid is.
Hoe meer ons finansiële beplanning ’n manier is om waarde en betekenis te vind, hoe meer besef ons dat ‘genoeg’ (en daarmee saam die gedagte dat ons te min of te veel het), net ’n begrip is. En dit sal voortdurend verander as ons nie sterk fondamente in ons lewens het wat die plek van rykdom inneem nie.
As ons ’n goeie lewe, en nie net ’n ryk lewe nie, wil lei, moet ons vrae aan onsself stel wat oor meer as net getalle gaan. Aristoteles het verskeie kriteria gehad vir wat hy as ’n goeie lewe beskou het en het voorgestel dat ons moet probeer om bedagsaam te lewe en op te tree. Hy het die wonderlike idee gehad om op die gewone en die buitengewone te let en albei te vier.
Die ou Griekse filosoof het aan die hand gedoen dat ons moet probeer om in alles die volgende eienskappe aan die dag te lê:
Dis ’n moeilike lys vir enigeen, maar wanneer ons tyd neem om elke punt te oorweeg, is dit nie moeilik om te sien dat die belonings van ’n goeie lewe swaarder weeg as die belonings van ’n ryk lewe nie – en hoe ’n ryk lewe dit soms moeiliker kan maak om hierdie lys uit te leef.
Ons vind hierdie lys nuttig vir groei en selfontwikkeling omdat dit op ons keuses berus en nie op die welvaart of invloed van ander nie. Die meeste van ons kan kies om dapper, vrygewig en regverdig te wees. Daarenteen kan die meeste van ons nie kies om môre R1 miljoen ryker te wees nie.
Alhoewel die klem verskuif van om geld maak na om ’n betekenisvolle verskil te maak, sal rykdom (wát ons nodig het, wanneer ons dit nodig het) volg wanneer ons fokus op dit wat ons kan kies en doelbewus werk daarvan maak om konsekwent ‘goeie’ dinge te doen.
By SFP glo ons daaraan om met integriteit op te tree omdat dit ’n pilaar van ’n ryk lewe is. Geld word dan ’n hulpmiddel om ons te help om meer te wees en meer te doen, maar is nie hoe ons onsself definieer nie.