Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Dit Gaan Oor die Span, Nie die Wedren Nie

4 Mei 2022

Wanneer dit by sukses in die lewe kom, is dit vir ons maklik om op ons eie prestasie te fokus en te voel asof ons alleen aan ’n wedren deelneem. By SFP het ons gevind dat diegene wat by ’n wenspan aansluit, heelwat meer sukses behaal as dié wat alleen probeer klaarkom.

Neem byvoorbeeld hondesleewedrenne. By ’n toekenningsbanket vir ’n hondesleewedren is dit nie die werklike wenner wat die meeste applous ontvang nie, maar die wenspan. Hulle vier per slot van rekening spanwerk, samewerking en ’n gemeenskapsgevoel. Hondesleewedrenne is ’n uiters mededingende sportsoort en dit verg baie tyd, inspanning en geld om ’n wenkombinasie van honde, toerusting en strategie saam te stel.

Die sleehonde se uithouvermoë word in ’n wedren op die proef gestel. Dit gaan alles oor die opdraande stryd, krag en ratsheid, maar bowenal oor doeltreffendheid oor tyd en samewerking as ’n span.

Elke renhond speel ’n ander rol. Die leiers is die honde aan die voorpunt wat die sleehanteerder se tekens moet verstaan en die span agter hulle moet aanvoer. Die voorste hond word vergesel van twee honde wat help om moeilike draaie te navigeer. Die middelste honde, ook bekend as spanhonde, is die dryfkrag van die span. Die sterkste honde is heel agter.

Alhoewel dit mag lyk asof die voorste honde die meeste van die sleepwerk doen, word hulle in werklikheid deur die hele span ondersteun.

Ons benadering om jou in jou lewenswedloop te ondersteun, is baie dieselfde. SFP het ’n skat van kennis en ervaring vir langtermyn finansiële beplanning. Ons glo in samehorigheid, waardes en blywende vennootskappe met kliënte. SFP bied meer as die kennis en ervaring van net een persoon – jy kan die kundigheid van die hele SFP-span benut wanneer jy ’n kliënt word.

Sleehonde wil HARDLOOP. Dis die sleehanteerder se verantwoordelikheid om te besluit wanneer dit tyd is om tot stilstand te kom en wanneer om te hardloop. Om remme aan te slaan, word ’n pen in die sneeu ingeslaan sodat die slee nie kan beweeg nie. Wanneer die honde agterkom dat die sleehanteerder gereed is om te begin, spring hulle almal op en kyk vorentoe. Hulle is reg om te hardloop en die toue word styfgetrek. Die pen in die grond is die enigste rede waarom die slee nie vorentoe skiet nie. By SFP doen ons niks sonder jou toestemming of uitdruklike opdrag nie.

Wanneer jy met ons span saamwerk, het jy ’n bekwame en wakker groep professionele persone wat jou sal help om jou einddoelwit te bereik, en teen jou pas en in jou rigting beweeg. Ons weet dis moontlik om uitmuntende resultate te behaal wanneer mense saamwerk.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam