Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Gaan SWOT Jouself

20 April 2022

Daar is tipies twee geleenthede wanneer mense beplanning vir persoonlike ontwikkeling met hart en siel aanpak – die eerste is wanneer ons ’n algehele laagtepunt bereik en die kombinasie van oorweldigende frustrasie en louter noodsaak ons noop om ’n plan in plek te plaas. Die tweede is wanneer ons intense motivering ervaar om in ’n werklik gesonde en seker posisie te wees.

’n Mens kan hierna kyk en sê dat dit is wanneer ons óf aan die onderpunt óf heel boaan Maslow se hiërargie van behoeftes is. Hoe ons ook al daarna kyk, by SFP het ons gevind dat dit baie gesonder is om in ’n gebalanseerde en bedoelde ruimte te lewe wat nie daarvan afhang dat ons ons laagste laagtepunt en hoogste hoogtepunt moet bereik om aandag aan ons lewens- en finansiële plan te gee nie.

Daar is ’n belangrike hulpmiddel, die SWOT-ontleding, wat bestuurders dikwels gebruik wanneer hulle ’n nuwe rigting vir hul maatskappy moet beplan. Kortweg, dis ’n strategiese beplannings- en bestuurstegniek om sterkpunte, swakhede, geleenthede en bedreigings te identifiseer wat met ons huidige posisie en ons toekomstige verlangde uitkomste verband hou. Dit word soms omstandigheidsbeoordeling of omstandigheidsontleding genoem.

Dis nie iets wat jy eers hoef te gebruik wanneer jy in ’n senior pos by die werk is of met jou finansiële adviseur of lewensafrigter vergader nie. Jy kan dit nou doen, of wanneer jy weer tyd bestee aan take wat jy bly uitstel, of in tyd vir persoonlike groei investeer. Dis ’n tegniek om ’n plan te skep en is nie die plan self nie – wat beteken dat ons dit op ons hele lewe kan toepas of kan fokus op bepaalde doelwitte wat ons graag wil bereik of gewoontes wat ons wil afleer of aankweek.

Baie van ons hou daarvan om aan doelwitte te dink of oor ons toekoms te droom, maar slegs ’n paar van ons plaas ’n plan in plek om daardie visie ’n werklikheid te maak. SWOT is ’n goeie proses om jou te help om daardie plan in plek te stel. Hier is vyf stappe wat jy kan doen om die bal aan die rol te sit.

  1. Identifiseer die doelwit, gewoonte, verhouding of lewenstylkeuse wat jy graag wil bereik.
  2. Maak dan ’n lys van voor- en nadele, fokus op jou sterkpunte (of ontwikkel dit vinnig) om hierdie doel bereikbaar te maak. Skryf ook die swakhede neer wat jou dalk kan terughou. In dié proses kan jy dalk vaardighede of eienskappe identifiseer wat ’n sterkpunt én ’n swakheid kan wees – dis normaal. Dis nuttig, want dit herinner ons aan hoe belangrik ons ingesteldheid is.
  3. Jy kan daarna tyd bestee om te dink aan persoonlike geleenthede wat jou in staat kan stel om die doelwit te bereik, en waaruit jy ook voordeel kan trek wanneer jy dit bereik het. Geleenthede is gewoonlik ekstern en hou verband met die omgewing en diegene rondom jou, eerder as met jouself.
  4. Identifiseer enige bedreigings. Dis eksterne goed en gebeure waaroor jy bekommerd is, of wat kan gebeur en verhoed dat jy jou doelwitte bereik.
  5. Neem nou ’n blaaskans; tree terug, kyk na en prioritiseer dit wat jy neergeskryf het. Jy het basies ’n plan vir verandering en groei uitgestippel; nou moet jy die kolletjies met mekaar verbind en die strepe trek.

Deur een of twee aspekte van elke SWOT-ontleding uit te lig, kan jy kies waaraan jy eerste aandag moet gee en die reis uitstippel wat vir jou sin maak. Dis ’n belangrike stap, want dis JOU PLAN, niemand anders s’n nie.

Alhoewel jy dit alles self kan doen, is dit nuttig om ’n afrigter of adviseur vir objektiewe terugvoer te raadpleeg. Beplanning op hierdie vlak is nie iets wat jy weekliks kan doen nie, maar jy kan dit beslis kwartaalliks of halfjaarliks doen. Jy kan wel weekliks na jou plan kyk om te sien hoe maklik jy daarby kan hou. Dis makliker om veranderinge aan te bring as jy weet wat bereikbaar is – dis deel van die stel SLIM doelwitte.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam