Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Herwin Finansiële Beheer deur te Spaar

8 Februarie 2021

Om beheer oor jou finansiële reis te verkry, is ’n proses waarvoor ’n mens tyd nodig het.

Ons moet die metodes en hulpmiddels vind wat die geskikste vir ons finansiële benadering en lewenstyl is. Daar is egter een gewoonte wat elke individu, ongeag hul omstandighede, behoort aan te kweek – spaar.

Spaar is die kern van finansiële stabiliteit. Namate ons meer vertroue kry om by ’n begroting te bly, kan ons ruimte skep om ons spaargeld op te bou. (Wenk: Die beste tyd om geld opsy te sit, is net nadat jy betaal is.)

In die eerste plek help spaar om beskerming te bied in geval van ’n finansiële noodgeval. Daar sal onvermydelik regdeur die lewe onvoorsiene uitgawes wees, of dit nou duur mediese rekeninge, onverwagte motorherstelwerk, of ’n skielike werkverlies is. Wanneer dit gebeur, is geld die laaste ding waaroor ons ons wil bekommer en sal ons dankbaar wees vir enige ‘onder-die-matras’-reserwes wat ons gespaar het. Trouens, jou begroting behoort ’n gebeurlikheidsfonds met maandelikse bydraes in te sluit vir juis so ’n scenario.

In die tweede plek kan spaar ons help om vir groot aankope voor te berei. Duur items is pret en, soms, noodsaaklik. Hierdie soort beleggings kan groot motiveerders wees om ons aan te moedig om te spaar – van eenmalige vakansies en grootskerm-TVs tot nuwe motors en huise. Spaar stel ons ook in staat om van die bykomende koste in die vorm van rente en fooie te verminder wanneer ons suiwer op krediet koop.

’n Ander rede om te spaar is die finansiële towerkrag bekend as saamgestelde rente. As jy altyd jou geld uitgee, sal jy hierdie waardevolle finansiële geleentheid misloop. Saamgestelde rente is ’n kragtige instrument vir die opbou van welvaart, maar jy moet dit genoeg tyd gee om doeltreffend te wees.

Maar spaar is meer as net ’n persoonlike inisiatief. Hoe ons ons geldsake hanteer, sal ’n blywende uitwerking – positief of negatief – op ons vriende en gesin hê. Ons welvaart skep ’n nalatenskap, nie net in ’n fisiese sin nie, maar ook in ons ingesteldheid.

’n Gerieflike spaarvlak kan stres verminder en ons kommersiële vertroue gee, wat uiteindelik finansiële vryheid en beheer tot gevolg het.

Ons wil almal ons kinders en kleinkinders universiteit toe stuur of hulle die geleenthede en stabiliteit vir ’n toekoms van hul keuse gee, maar kom ons gee hulle ook finansiële bevoegdheid en ekonomiese wysheid.

As jy op soek is na die regte finansiële instrumente om jou in die toekoms te help spaar, gesels vandag nog met ons.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam