Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Het Jy die Perfekte Konneksie?

1 Maart 2021

As ons ’n gesonde konneksie met ons rykdom wil hê, moet ons met ander, en met onsself, verbind wees.

Ons maak dit ’n prioriteit om die WiFi-kode te ken, maar hoe dikwels prioritiseer ons ’n diep sosiale verbintenis? Ons glo dat ons toestelle ons in verbinding sal hou, maar as ons gesonde en volhoubare verhoudings wil hê, moet ons bereid wees om uitdagende vrae aan onsself te stel.

Sonder hierdie persoonlike ondersoek sal ons nie die werklike waarde van ons keuses kan besef en die werklike waarde van ons rykdom kan waardeer nie.

Sosiale konneksie is ’n pilaar van ons persoonlike geluk. Dit ondersteun ons fisieke en geestelike gesondheid en het talle belangrike skakels met ons finansiële lewens.

Twee belangrike komponente van betekenisvolle keuses maak, is tyd en aandag. Wanneer ons bewustelik tyd en aandag aan sosiale verhoudings bestee, sal ons baie meer waarde daaruit put as wat ons ooit verwag het.

Maya Angelou het gesê, “Mense sal vergeet wat jy gesê het, mense sal vergeet wat jy gedoen het, maar mense sal nooit vergeet hoe jy hulle laat voel het nie.” Daar is krag in verhoudings wat verder strek as ’n vlugtige ontmoeting met ’n kennis. Wanneer ons werklike konneksies skep wat op gedeelde belangstellings en doelwitte gegrond is, sal ons meer suksesvol wees omdat ons aangetrek word om saam te werk met ander wat ons ken en van wie ons hou. Ons sal waarskynlik ook beter besluite neem, ons emosies beter beheer en ’n gesonder verhouding met ons geld hê.

Verhoudings gaan oor wisselwerking; wanneer jy verhoudings bou, kry jy uit wat jy daarin sit. Dit maak nie saak waar jy in die lewe is nie, jy sal altyd ’n manier vind om waarde tot jou verhoudings te voeg. Of dit nou deur jou eie uitgebreide persoonlike netwerk, die aanbied van advies in die werkplek of deur denkleierskap is.

Sosiale konneksie kan ons nie net help om ons doelwitte te bereik nie, maar kan ook as ’n bron van lewenskragtigheid vir ons psige dien. Sielkundiges omskryf lewenskragtigheid as die proses om goed aan te pas ondanks teëspoed of beduidende bronne van stres – soos verhoudingsprobleme, gesondheidsprobleme, of finansiële stressors.

Basies bied sosiale verhoudings ons ’n ondersteuningstruktuur wat help om stres te verlig en ons gemoedstemming te verbeter.

Die wêreld het ongekende veranderinge ondergaan, veral wat betref die wyse waarop ons kommunikeer en met ander mense omgaan. Maar wat konstant bly, is ons verbintenis tot die bou van betekenisvolle verhoudings.

As jy met ons, en met jou finansies ’n konneksie wil maak, skakel ons gerus.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam