Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Hoe Laat Geld Jou Voel?

1 Maart 2021

Daar is baie bewyse dat ryk mense oor die algemeen gelukkiger is.

Ons praat hier egter van kwalitatiewe data, en talle voorbehoude en wanopvattings kan hieruit afgelei word. As ons baie geld maak, gaan ons nie outomaties gelukkiger wees nie. Hoe ons geld bestee, spaar en daaroor dink, sal uiteindelik bepaal hoe gelukkig ons is.

Navorsing wat in die VK gedoen is, het byvoorbeeld bevind dat die hoeveelheid geld wat mense in hul bankrekeninge sien, ’n groter impak op hul geluk het as hul inkomste. Dit het aanleiding gegee tot ’n verskynsel in middelinkomstehuishoudings waar geld wat eerder slim belê kon word, ledig in hul bankrekeninge gelê het. Daar word bespiegel dat wanneer geld belê is, jy nie baie dikwels daardie saldo sien nie, terwyl jy so dikwels jou banksaldo sien dat dit jou sin van finansiële stabiliteit en welsyn beïnvloed.

’n Ander goeie voorbeeld is sosiale vergelyking. Dit kom daarop neer dat as jy beter daaraan toe is as die mense met wie jy jouself vergelyk, voel jy ryk. Een studie het bevind dat die inkomste van die verwysingsgroep net so belangrik as jou eie inkomste is vir individuele geluk. Meer ekonomies diverse woonbuurte kan party mense laat voel dat hulle altyd agter is, terwyl ander verder vooruit voel. Ons keuse van waar ons wil woon het onderliggende sielkundige gevolge wat met ons finansiële welsyn verband hou en waaraan ons dalk nie voorheen gedink het nie.

Baie mense neem aan dat as hulle net ’n verhoging kan kry of ’n byverdienste het en hul inkomste verhoog, alles skielik beter sal wees. Maar selfs wanneer hulle inkomste verhoog word, voel hulle gedaan en dat hulle nog steeds van betaaldag tot betaaldag lewe.

Oor die algemeen is die mense wat die beste oor hul finansiële situasie voel diegene wat finansiële duidelikheid het. Dit sluit deeglike rekenskap in van waaraan jy elke maand jou geld bestee. Dit gaan meer daaroor om geld planmatig te gebruik as om ’n groot inkomste te hê.

As jy voel jy is dalk besig om die slegte gewoonte van sosiale vergelyking aan te leer en om jou geld ledig te laat lê, gesels met jou finansiële adviseur oor die bestuur van jou verhouding met jou finansies. Deur die uitgebreide netwerk en groepkrag van SFP, is jou adviseur goed toegerus om jou te help om jou welvaartstrategie toe te pas en met jou saam te werk om vandag ’n gelukkiger jy te skep wat môre tot voordeel van ’n gelukkiger jy sal wees.

Ons is hier om te help – skakel ons gerus.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam