Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Hoe Opvolgings-finansiële Beplanning Lyk

8 Maart 2022

Almal se stories verskil. Ons lewe, wat met en vir ons gebeur, is ’n ingewikkelde opset van geleenthede en uitdagings wat ons denke, gevoelens en optrede vorm. Dis waarom finansiële beplanning ’n persoonlike reis is, want alhoewel ons almal dink dat geld universeel kan wees, is dit uiters persoonlik.

Opvolgings-finansiële beplanning gee ’n verdere tree terug en kyk nie net na dit waarvoor ons vir vandag moet beplan nie, maar hoe ons toekomstige geslagte kan help om hul finansiële gedrag te verbeter.

Finansiële beplanning is die proses van die skepping, beskerming, aanwending en bewaring van welvaart gedurende ’n leeftyd en om daarna ’n erfenis van finansiële gesondheid na te laat.

By SFP glo ons dat ons kliënte die gemoedsrus verdien dat hul finansiële sake gesond is deur die professioneel erkende Ses Stappe van Finansiële Beplanning te volg. Ons help om ’n aksieplan op te stel en die bestuur van daardie plan te koördineer om te verseker dat jy jou toekomstige finansiële doelwitte en drome verwesenlik.

Dis omdat ’n droom sonder ’n plan net ’n wens is. Tydens ons finansiële beplanningsreis kyk ons na bepaalde fokusareas soos dit op elke kliënt se behoeftes betrekking het. Net soos ons almal anders met geld optree, voel ons ook anders daaroor, en moet ons ons reis teen ons eie pas aanpak.

Die ses stappe van finansiële beplanning is ’n siklus van mylpale wat almal met mekaar verbind is, sodat ons in enige rigting kan beweeg afhangende van hoe die lewe is. Dis noodsaaklik om buigsaam te wees omdat die lewe selde by ons planne hou. Ons kan maklik van die beoordeling van die huidige situasie na die kies van portefeuljeveranderinge en terug beweeg. Die proses word dan op verskeie areas van ons finansiële verantwoordelikhede toegepas.

Alhoewel party van die grondbeginsels van opvolgings-finansiële beplanning op begroting en die nasporing van ons besteding en spaar berus, moet ons vroeg op ons beplanningsreis ook risikobeplanning, mediese dekking op korttermyn en korttermynversekering insluit. Dit skep die boublokke vir belangriker gesprekke oor opvolgings-finansiële beplanning binne ’n veilige raamwerk om welvaart te beskerm terwyl ons dit gebruik om die lewe wat ons graag wil hê, te lei.

Afhangende van jou huidige situasie ondersoek ons dan spaar op langer termyn vir dinge soos finansiële onafhanklikheid, groot aankope en opvolgingswelvaart. Boedelbeplanning en trustbestuur word nuttige instrumente om jou welvaart te bewaar.

Uiteindelik help dit alles ons om ’n omvattende opvolgings-finansiële plan vir jou en jou geliefdes op te stel. Die integrasie van wie jy is en hoe jy graag jou welvaart ten beste wil aanwend met die finansiële beplanningshulpmiddels en -produkte wat beskikbaar is, is die sleutel tot suksesvolle opvolgingsbeplanning.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam