Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

In Watter Lewenstadium Is Jy?

13 July 2020

Gedurende ons lewens gaan ons deur vier duidelike ontwikkelingstadiums. Party mense gaan sonder enige moeite van een stadium oor na ’n ander, terwyl dit vir ander ’n bietjie langer kan neem.

Hierdie stadiums is die natuurlike voortgang van die lewe, maar ons kan net na die volgende stadium beweeg wanneer ons gereed is. Die vermoë om die patrone wat eie aan ons en elke stadium is te herken, kan met persoonlike ontwikkeling, die manier waarop ons ons geld bestuur, en ons groei tussen mylpale help.

Nabootsing

Party diere is by geboorte reeds op hul voete, gereed om vanaf hul eerste asemteug roofdiere te ontwyk. Mense het tyd nodig om volwasse te word, en hierdie tyd verskil vir ons almal. Die eerste stadium fokus op die bou van grondbeginsels vir jou lewe vorentoe. Ons moet ’n ingewikkelde taal aanleer en sosiale vaardighede ontwikkel. Dit word bewerkstellig deur die mense om ons na te boots. Alhoewel dit maklik is om dit in ons alledaagse lewe te sien, is dit dikwels moeiliker om dit in ons finansies te sien, maar die manier waarop ons aanvanklik finansiële besluite neem, hang af van wat ons van diegene om ons leer.

Die uiteindelike doel van die eerste stadium is om ons by die gemeenskap te laat aanpas. Om ons te help om as selfonderhoudende volwassenes te funksioneer. Hierdie stadium kan as naïef beskou word omdat dit ons leer om voortdurend na bevestiging deur ander te streef – maar dit is hoe ons weet dat ons op die regte koers is. Ons gaan na die volgende stadium wanneer ons kan optree ooreenkomstig ons persoonlike waardes wat strydig is met ons behoefte aan goedkeuring.

Selfontdekking

Stadium twee is om te leer wat ons anders maak. Dit is ’n reis van selfontdekking, leer en probeer, en om self besluite te neem. Hierdie stadium kan opwindend wees en as sodanig verkies baie mense om op hierdie vlak te bly lewe.

Maar skyn bedrieg, en hierdie stadium lewer dikwels dalende voordele op as ons te lank daarin verkeer. Ons kan hierdie stadium begin met die gevoel dat enigiets moontlik is, maar ten einde na die derde stadium oor te gaan, moet ons bewus wees van ons beperkings. Dit kan ’n moeilike gesprek wees om te hê wanneer dit by ons geld kom; die besef dat ons beperkte middele het, voel soos die teenoorgestelde van wat ons in ons selfontdekkingreis ondersoek. Dit is waarom dit voordelig is om die hulp van ’n adviseur, mentor of afrigter vir die derde stadium te hê.

Toewyding

Stadium drie gaan oor die konsolidering van prioriteite. Om dit wat jy goed doen te evalueer en om ontslae te raak van dit wat jou terughou. Dit kan mense, ongesonde aktiwiteite, finansiële swakpunte of gehegtheid aan materiële dinge wees. Ons tyd en rykdom is beperk, en ons behoort dit nie te bestee aan dinge wat nie in ons belang is nie.

In hierdie stadium kan ons op ons potensiaal fokus, wat ons gesin, verhoudings, loopbaan en nalatenskap insluit.

Nalatenskap

Mense beweeg na stadium vier nadat hulle hul lewens belê het in wat hulle betekenisvol en belangrik ag. Jou nalatenskap is reeds deur jou jare van toewyding geskep. Die laaste stadium gaan meer oor die bewaring en oordrag van jou nalatenskap en wysheid. Dit is ons kans om seker te maak dat iets van ons in hierdie wêreld voortleef selfs wanneer ons nie meer daar is nie.

Ons kan net van die een lewenstadium na die ander oorgaan wanneer ons gereed is – dit gaan nie oor ouderdom nie. Maar hoe gouer ons vooruit beplan, hoe makliker sal die oorgang wees. Ongeag in watter stadium jy voel jy is, gesels vandag nog met een van ons adviseurs en maak seker dat jy jou nalatenskap kan identifiseer, waardeer en vir komende geslagte kan bewaar.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam