Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Jy Sê Geld, Ek Sê Oulap

1 Maart 2021

Navorsing op die gebied van neurosielkunde ondersteun die opvatting dat mense wat oorgaan van dink aan geld in terme van inkomste na dink aan geld in terme van bates, dié is wat suksesvol by rykdom aanpas en dit in stand hou.

Inkomste is ’n ietwat abstrakte begrip wat dui op beweging en vloei (dus… maklik in, maklik uit). In teenstelling hiermee is bate ’n meer stoflike woord wat geworteld en sterk klink. As gevolg van daardie sterk gevoel ontlok die gedagte aan die besteding van ’n “bate” ’n sterker, dieper en meer emosionele reaksie.

Kognitiewe en gedragswetenskaplikes begin verstaan hoe nie-bewustelike faktore soos die fyner nuanses van taal die manier waarop ons besluite oor geld neem, beïnvloed. Dit is deels waarom ons bewus moet wees van die gevoelens en keuses wat ons gedrag beïnvloed.

Ons moet openhartige en gesonde gesprekke oor geld met onsself en ons geliefdes hê en terselfdertyd bewus bly van die nuanses wat ons taal en ons gedrag op ons eie (en hul) ingesteldheid teenoor rykdom kan hê.

Geld is ’n ongelooflik magtige hulpmiddel, en wanneer jy beheer oor daardie mag het, kan jy maklik vergeet hoe dit gevoel het om dit nie te hê nie. Mense met ’n agtergrond van rykdom is nie altyd ten volle bewus van die beherende uitwerking wat hul finansiële gedrag op mense in minder gegoede omstandighede kan hê nie.

Eenvoudig gestel, geld bemagtig ons, maar hierdie mag kan in ’n negatiewe verband gebruik word. Daarom moet ons let op die verband en invloed van ons finansiële gedrag.

As jy byvoorbeeld kinders het wat sakgeld kry, en jy sê, “As jy nie jou takies in en om die huis doen nie, gaan jy nie dié week sakgeld kry nie.” Wat is die toon en taal wat ons gebruik wanneer ons van geld praat? Is hulle geregtig op die geld, of verdien hulle dit? Is die takies ’n las of ’n voorreg?

Geld kan ’n goeie motiveerder wees, maar dit moet nie as ’n vorm van beheer gebruik word nie.

Taal is net die uiterlike van ’n dieperliggende eienskap: ons ingesteldheid teenoor rykdom. Die uiteindelike doel van die aanpassing van ons taal moet wees om ’n ingesteldheid van oorvloed te kweek – ’n finansiële beskouing wat stabiliteit en groei omvat.

As jy voel dat die glas halfleeg is, kan ons help – skakel ons gerus.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam