17 Oktober 2022
Dis iets wat gebeur wanneer ons meer begin uitgee omdat ons meer verdien. Die meeste van ons het dit al ervaar en baie is dalk vasgevang in konstante lewenstylinflasie. Die probleem is dat met lewenstylinflasie luukse goedere en diskresionêre besteding as ’n reg, en nie ’n keuse nie, beskou word – as ’n noodsaaklikheid teenoor iets wat ons graag wil hê.
Dit beteken dat wanneer ons begrotings onder druk is, dit moeilik is om te sien waar ons veranderinge kan aanbring sodat ons steeds meer verdien as wat ons uitgee.
Daar is talle tekens van lewenstylinflasie wat onder meer die volgende kan insluit:
Die belangrikste impak van lewenstylinflasie op jou finansiële plan is moontlik dat die hoër besteding vandag die bedrag wat jy vir môre belê, verminder. Spaarstagnasie het ’n groot impak (veral met die oog op finansiële inflasie) op hoe moeilik of maklik dit sal wees om jou lewenstyl te handhaaf indien jy jou huidige inkomste sou verloor.
Indien jou lewenstyl en spaar albei verbeter, is dit ’n goeie teken wat beteken dat jy ’n gebalanseerde groeistrategie het en daarby bly. Maar as jou besteding styg en jou spaar tot stilstand kom, kan dit nuttig wees om veranderinge te maak om die ewewig van jou begroting te herstel.
As jy byna elke aand van die week uiteet, oorweeg dit om dit tot twee of drie aande te verminder. Indien jy jou toestelle en uitrustings een of twee keer per jaar opgradeer, kan jy dit oorweeg om die tyd tussen opgraderings te verleng en besluit of dit werklik belangrik is om die nuutste, beste affêrinkies te hê.
Wag voordat jy meer kontant uitgee. Wanneer ons meer bewus is van wat ons met ons geld doen, kan ons meer doelgerig met ons geld word.
Dis wonderlik om goed te kan koop omdat ons die geld het, maar as dit nie deel van ’n finansiële plan is nie, sal ons geld uiteindelik opraak. As jy vasgevang voel in lewenstylinflasie, is dit dalk ’n goeie tyd om met ons te gesels. By SFP is ons doel om jou te help om beheer oor jou finansiële reis te neem.