Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Moenie die Krisis Word Nie

11 Mei 2020

Moeilike tye kom en gaan altyd. Soos Nelson Mandela eenmaal gesê het, “Ek het ontdek dat nadat jy ’n groot heuwel uitgeklim het, daar nog baie heuwels wag.”

Ons doel is nie om die heuwel te bestyg nie; dit is om deur die land te reis. Dis om vorentoe te beweeg, ongeag of ons opgaan, afgaan, die uitsig geniet of deur die vallei loop.

Per slot van rekening kan ons nie beplan wanneer daar ’n krisis gaan wees nie; ons kan net seker wees dat dit een of ander tyd wel sal gebeur.

Dit kan die verlies van ’n geliefde of die verlies van werk wees. Dit kan ’n ernstige siekte of ’n kritieke tydstip in die lewe wees waar ’n moeilike besluit geneem moet word. Dit kan ’n wêreldwye pandemie wees wat meer as die helfte van die wêreld se ekonomie tot stilstand bring en aanleiding gee tot die verlies van jou inkomste, die verlies van jou gesondheid en talle moeilike besluite wat geneem moet word – alles in een krisis.

Hoe ouer jy is, hoe beter weet jy dat die lewe ’n reeks heuwels is wat uitgeklim moet word. Geld sal kom en gaan, en daar sal tye wees wanneer dit werklik moeilik is om deur elke maand, of selfs elke week, te kom. Jy kyk dalk vorentoe en sien niks behalwe struikelblokke nie.

Dit is waarom dit die moeite werk is om voorbereid te wees. En dit kan die moeilikste wees om hieraan herinner te word wanneer ons midde-in ’n krisis staan waarvoor ons heeltemal onvoorbereid voel.

Ons moenie tou opgooi wanneer ons nie ten volle voorbereid is op die krisis en die struikelblokke voor ons nie. Ons moet soveel moontlik leer uit waar ons onsself tans bevind en ons gereedheid vir die volgende krisis verander.

Dis goed om te besef dat jy presies is waar jy moet wees. Ryan Reynolds het ’n goeie perspektief op krisisse – hy sê: “Enige soort krisis kan goed wees. Dit wakker jou aan.” Ware krag lê in hoe ons reageer op wat met ons gebeur.

Hoe ons hier gekom het, is minder belangrik as hoe ons vorentoe gaan beweeg.

Die wete dat ons presies is waar ons moet wees, help ons om kop te hou. Jy wil nie in ’n krisis die kluts kwytraak nie; dit is die vinnigste manier om die krisis te word (C.J. Redwine).

As ons onsself aan vrees en paniek oorgee, begaan ons groter finansiële foute wat ons selfs duurder te staan kom as die krisis self… en dan word ons die krisis. Generasies voor ons het geld opsy gesit vir tye van nood. Dit was dikwels in ’n ou koffieblik wat buite sig en buite bereik gehou is. In die afgelope jare het ons toegang tot finansiële produkte wat ons help om ons inkomste, ons bates en ons gesondheid in krisistye te beskerm.

Om vas te hou aan ons inkomstebeskermingsvoordele, ons premies vir gesondheidsdekking in stand te hou en ons beleggings toe te laat om die daling in die beermark te trotseer, is moontlik van die moeilikste goed om tans te doen, maar dit is ook van die belangrikste. En as ons dit nie in plek het nie, kan dit onmoontlik lyk om dit in plek te kry – maar selfs die kleinste buffers en voordele sal ons op ons reis help.

As dit werklik ons doel is om jou op jou reis deur die land te help, en jou te help om vorentoe te beweeg, moet ons jou aanmoedig om te hou by jou plan om jou en jou gesin te beskerm. By SFP is een van ons kernfokuspunte om jou teen verlies van inkomste en bates te beskerm en jou in tye van siekte of ongeskiktheid finansiële stabiliteit te gee sodat jy kan herstel, jou kragte kan herwin en kan aanbeweeg.

Dit is nooit maklik om ’n krisis te hanteer nie, ongeag hoe daardie krisis vir jou lyk. Ons is hier om te help.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam