7 Maart 2019
Lewensversekering kan in baie gevalle waardevolle beskerming bied. Byvoorbeeld, as jy nog skuld het wanneer jy die dag aftree, kan lewensversekering dit dek indien jy sterf. En met begrafnisdekking in plek, sal jy nie jou gesin met begrafniskoste belas nie.
Lewensversekering is ook nuttig vir afgetrede pare wat ’n sogenaamde “vaste pensioen” kry. Die waarde van hierdie tipe polis kan afneem wanneer een gade sterf – en lewensdekking kan gebruik word om die agterblywende gade se verlies aan inkomste aan te vul.
En lewensversekering kan natuurlik ook groot waarde voeg by jou finansiële nalatenskap aan jou geliefdes.
Indien jy ’n uitgebreide familiestruktuur het wat verskeie generasies insluit, sal jy gedurende jou aftrede miskien nog afhanklikes hê. Jy kan tot na jou dood vir hierdie geliefdes voorsiening maak deur jou lewensversekering in stand te hou.
Andersins wil jy miskien ook voorbereid wees op die moontlikheid dat jy later in jou aftrede deurlopende sorg nodig sal hê weens ’n ernstige siekte soos Alzheimers of demensie. Die beste manier om in ons mark hiervoor voorsiening te maak, is om jou dekking vir gevreesde en ernstige siektes in stand te hou.
Lewensversekering is ’n belangrike hulpmiddel in boedelbeplanning, en dit is ’n belangrike rede waarom baie mense hul polisse gedurende aftrede voortsit. Hoewel dit goed is om begunstigdes vir jou lewensversekering te benoem, kan jy ook lewensdekking hê waarvoor jy nie ’n begunstigde benoem nie. Hierdie deel van beskikbare fondse kan gebruik word om likiditeit in jou boedel te skep, wat die nodige belasting en verpligtinge kan dek. Dit kan help dat jou boedel vinniger afgehandel word en verhoed dat jou geliefdes bates moet verkoop om hierdie koste te dek.
Ja, beslis – baie van die produkte wat vandag beskikbaar is, is baie buigsaam. Jy sal miskien jou ongeskiktheidsversekering wil kanselleer, aangesien jy nie meer ’n inkomste uit ’n beroep verdien nie; of oorweeg om jou jaarlikse outomatiese dekkingverhogings te verminder.
Op die ou end is dit die beste om met ’n finansiële adviseur te gesels, wat jou deur hierdie proses kan lei en kan seker maak dat jy genoeg lewensdekking in plek het, met premies wat bekostigbaar is in hierdie lewensfase.