Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Om Sterker te Word, Is Pynlik

29 September 2020

Om ná ’n oefensessie seer te voel, is ’n algemene verskynsel. Soos hulle sê, “Sonder pyn en opoffering kom jy nêrens nie”.

Maar nie alle pyn is goed nie en ’n swak beplande oefenprogram hou dikwels die gevaar van besering in. Baie mense benader hul oefensessies lukraak en voel teleurgesteld as hulle nie die verlangde resultate behaal nie. Dit is waar die raad van ’n persoonlike afrigter die grootste impak het. Ongeag of dit fiksheid of finansies is, ’n professionele persoon in daardie bedryf kan jou ’n oorvloed relevante inligting en leiding gee wat jou kan help om jou doelwitte te bereik.

Soos wat die geval met finansies is, ontwikkel ’n afrigter ’n persoonlike plan wat op jou individuele behoeftes gegrond is. ’n Gebalanseerde oefenroetine wat op jou fisiologie gegrond is, ’n eetplan vir jou dieetbehoeftes, en ’n algehele strategie vir die bereiking van jou doelwitte. Dit word aan jou oorgelaat om die plan te volg en die oefening te verduur vir die groei wat volg, maar die afrigter loop elke tree van die pad saam met jou. Van die belangrikste voordele van ’n persoonlike afrigter is die volgende:

Beter resultate, gouer

Wanneer ons aan onsself oorgelaat word, doen ons gewoonlik wat die maklikste is. Miskien kardio-oefening van 30 minute op die trapmeul. ’n Persoonlike afrigter sal jou tyd in die gim maksimaliseer en seker maak dat jy die regte oefeninge doen en die regte toerusting gebruik.

Realistiese doelwitte

Ons voel moedeloos wanneer ons nie ’n fiksheidsdoelwit bereik nie en dit kan in die pad van ons sukses staan. Maar, as jy beplan om binne ’n week 10 kilogram af te skud, kan jy verwag om teleurgestel te word. ’n Persoonlike afrigter help om realistiese en gesonde fiksheidsdoelwitte te stel.

Lewenslange gewoontes

Fiksheid moenie as ’n kontrolelysie beskou word wat jy een keer per week afmerk nie. ’n Persoonlike afrigter kan sy of haar kliënte help om te besef dat hul gesondheid ’n prioriteit in hul lewens behoort te wees en ’n oefenroetine ontwikkel wat by hul lewenstyl pas.

As finansiële beplanners glo ons dat ons hierdie voordele deel. Ons maak seker dat jy die regte hulpmiddels gebruik om jou winste te maksimaliseer en help jou om gouer beter resultate te behaal. En ons kennis en ervaring van die bedryf stel ons in staat om jou te help om realistiese en gesonde doelwitte te stel.

Net soos fiksheid is finansies ’n deurlopende proses. Dit verg deskundige kennis en ’n toegewyde roetine om sukses te behaal. Ons is hier om te verhoed dat jy jouself ooreis en om jou te help om van krag tot krag te gaan.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam