Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Ons Beskerm Jou: Dood, Siekte en Ongeskiktheid

19 August 2020

Om aan ons eie sterflikheid te dink, is ongemaklik, maar dit is iets waaraan ons almal van tyd tot tyd behoort te dink.

Die lewe is vol verrassings en voorsorg kan ons beskerm teen enige wrede werklikhede waarmee ons te make mag kry. Onvoorsiene gebeure (soms op ’n wêreldwye skaal) kan baie vinnig plaasvind.

Ons behoort te dink aan die stappe wat ons kan neem om die gehalte en volheid van die lewe wat ons in goeie gesondheid en welvaart geniet, te handhaaf wanneer hierdie gebeure ons tref.

Hier is ’n paar van die maniere waarop ons jou kan help om vir jou en jou gesin te voorsien.

Mediese Dekking

Mediese dekking hou baie voordele in. Dit beskerm ons finansieel as ons skielik groot, onverwagte mediese uitgawes moet betaal. Uitgawes soos operasies, medisyne, verpleeg- en hospitaalsorg. Dit gee ons ook toegang tot private mediese sorg in plaas van om op openbare gesondheidsdienste staat te maak.

Die keuse van die regte mediese dekking hang af van jou begroting en bepaalde gesondheidsbehoeftes. Alhoewel voorgeskrewe minimum voordele in plek is, ontwikkel en verander die mediese bedryf voortdurend. Dis waarom dit belangrik is om by te bly met watter voordele jy ontvang en watter soort dekking jy het.

Lewensversekering en Versekering

Lewensdekking word dikwels teësinnig gekoop. Maar wanneer dit kom by iets so noodsaaklik soos om vir jou gesin in jou afwesigheid te sorg, veral as jy die enigste broodwinner is, is dit die beste om vir alle moontlikhede voorsiening te maak.

Party mense is nie te seker wat die verskil tussen lewensversekering en versekering is nie. Versekering dek jou vir ’n voorafbepaalde tydperk, soos 10, 15 of 20 jaar. Weens die onsekerheid oor of jy op ’n versekeringspolis sal eis, is die premies geneig om meer kostedoeltreffend te wees.

Lewensversekering, daarenteen, dek jou lewenslank en daar is ’n 100% kans dat die polis uitbetaal sal word. Die premies vir lewensversekering is gevolglik oor die algemeen hoër.

Lewensdekking verlig nie net die gesin se onmiddellike finansiële nood nie, maar maak ook voorsiening vir toekomstige uitgawes soos jou kinders se opvoeding. Dit kan broodnodige verligting in ’n besonder stresvolle tyd bied.

Dekking vir Ongeskiktheid of Gevreesde Siekte

As jy ernstig siek of beseer word, kan jy permanent arbeidsongeskik raak. Dekking vir ongeskiktheid en gevreesde siekte (ook bekend as kritieke siektedekking) bied jou en jou gesin ondersteuning wanneer julle met ’n skielike en wesenlike verandering in julle gereelde lewenstyl te make kry.

Hierdie polisse kan jou help om jou motor en jou huis aan te pas om jou ongeskiktheid te ondersteun, of dit kan gebruik word om basiese lewensuitgawes te dek terwyl jy herstel. Dit gee jou die kans om jou onafhanklikheid en beheer oor jou lewe te behou. Die koste van hierdie polisse hang onder meer af van jou ouderdom en risikoprofiel.

Versekering is een van daardie dinge wat jy nie regtig benodig nie, totdat jy dit REGTIG nodig het. As jy dink dat jy nie voldoende dekking het nie, tree met ons in verbinding sodat ons na jou bestaande polisse kan kyk.


Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam