Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Ons Beskerm Jou Teen Verlies van Inkomste

19 August 2020

As jy die enigste broodwinner in jou gesin is, is dit beslis die moeite werd om inkomstebeskerming verder te bespreek.

Alhoewel ons gesondheid ons grootste bate is, is een van ons ander belangrike bates ons vermoë om ’n inkomste te verdien. Daar is niks soos die verantwoordelikheid vir maandelikse rekeninge om ons te motiveer om aan te hou werk nie.

Maar wat gebeur as ons nie kan werk nie? Wie sal jou dan beskerm?

Ons het dekking vir gevreesde siekte en ook mediese polisse om die finansiële las van skielike, groot mediese rekeninge te verlig. Maar inkomstebeskerming dien ’n ander doel. Baie soos die ander polisse, help dit ons om risiko te verminder en bied dit gemoedsrus, maar dit maak dit ook vir ons moontlik om die lewenstyl waaraan ons gewoond is, ná ’n traumatiese gebeurtenis te handhaaf.

’n Inkomstebeskermingsplan is bedoel om jou inkomste met betroubare maandelikse paaiemente aan te vul wanneer jy weens siekte of besering nie kan werk nie. Die dekking word gegrond op ’n persentasie van jou huidige inkomste, gewoonlik tussen 50% en 75%.

Inkomstebeskerming kan tot die einde van die polistermyn, tot jy herstel, tot aftrede as jy permanent arbeidsongeskik is, of tot die dood duur. Ongelukkig is dit nie so eenvoudig soos of jy inkomstebeskerming nodig het of nie. Inkomstebeskerming kan baie verskillende vorms aanneem en moet deeglik oorweeg word. Byvoorbeeld, party polisse word uitbetaal as jy as gevolg van siekte of besering nie jou beroep kan beoefen nie, terwyl ander net uitbetaal word as jy nie werk van enige aard kan verrig nie. Dis ’n fyn maar uiters belangrike verskil.

Ons kan nie voorspel wanneer sake verkeerd sal loop nie. Maar ons weet dat ’n gebreekte been nie ’n einde aan rekeninge sal maak nie. As jy die regte dekking in plek het, beteken dit daar is ’n plan om van ’n onverwagte finansiële impak te herstel. Dit is belangrik om nie net te dink aan hoe jy finansieel sal oorleef as jy nie meer ’n salaris verdien nie, maar ook hoe dit by jou algehele finansiële strategie en risikoplan sal inpas.

Inkomstebeskerming maak dit vir jou moontlik om jou gesin se gewone lewensuitgawes te betaal en voort te gaan om in jou toekoms te belê deur jou in staat te stel om vir jou kinders se opvoeding te betaal en vir aftrede te spaar.

As jy oor inkomstebeskermingsversekering wil gesels, kontak ons.


Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam