Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Ons Is Saam Hierin

11 Mei 2020

Suid-Afrikaners is vir baie dinge bekend: lewenskragtigheid, volhardingsvermoë en aanpasbaarheid is ’n paar woorde wat ’n mens byval. Baie min mense kan daarop aanspraak maak dat hulle dieselfde gees as ons het wanneer hulle met uitdagings en teëspoed te make het.

COVID-19 is slegs een van ’n wye reeks uitdagings waarvoor ons al te staan gekom het. Ons glo dat ons saam hierin is, en daarom is daar geen rede waarom ons nie sterker, dapperder, beter en kleurvoller as ooit tevore hieruit kan kom nie.

Die Succession Financial Planning-groep is daartoe verbind om ons mense te ondersteun – eerstens in hierdie tyd van verlengde inperking en dan ná die opheffing van die inperking wanneer die lewe heeltemal anders gestruktureer gaan wees. Van die aanpassing van ons werksomgewings om te verseker dat ons beplanners, ons kliënte en ons ondersteuningspersoneel almal veilig en beskerm is, die vermoë om onwrikbare uitmuntendheid te lewer en te ervaar, tot deurlopende kommunikasie en digitale interaksie om seker te maak dat ons in verbinding bly.

Dis nou vir ons almal maklik om angstig en soms paniekbevange te voel. Dit is noodsaaklik om in verbinding te bly, te weet wat belangrik is en wat aan die gebeur is. Dit is ook belangrik om nuwe roetines te skep en aanpasbaar te bly namate die lewe van week tot week verander.

Hier volg ’n paar idees om ons te help om saam hierdeur te kom.

Aanvaar Dat Ons ’n Krisis Beleef

Die volgende paar maande gaan baie anders wees as wat ons gedink het. As ons vaskleef aan die verwagtinge wat ons vroeër vanjaar gehad het, gaan ons heel waarskynlik gefrustreerd en teleurgesteld wees. Dit geld vir alles – van gesinsvakansies tot die prestasie van ons beleggings.

Sosiale media en aanlynnuuskanale hou ons deurlopend ingelig oor hoe die Koronavirus gesondheidstelsels, onderwysstelsels, politieke stelsels en markte uitwis, maar ons sien ook merkwaardige vasberadenheid en maatskaplike kameraderie om die uitdagings die hoof te bied.

Wees Goed vir Onsself

Of ons by die huis bly of met noodsaaklike dienste behulpsaam is, ons roetines, rolle en gevoel van eiewaarde word uitgedaag en herdefinieer. Dis nie so maklik as om te sê ons werk van die huis af of ons werk gaan soos gewoonlik voort nie – want dit is nie so nie. Party van ons is gedurende die krisis by die huis en probeer werk, terwyl ander by die werk is en nie tuis kan wees by hul gesinne wat ook in ’n tyd van krisis probeer werk nie.

Ons moet heel eerste geduldig wees en goed wees vir onsself sodat ons ook geduldig en goed teenoor ander kan wees. Onthou om te lag, nuwe doelwitte te stel en genoeg te slaap.

Wees Aktief Betrokke by die Lewe Rondom Jou

Namate deure in die komende weke toegaan, sal ons oorweldig word deur nuwe geleenthede wat opduik. Dit was nog altyd die geval; as ons oë neergeslaan is en ons ore toe is vir nuwe gesprekke, gaan ons hierdie geleenthede misloop.

Wanneer ons in hierdie tyd aktief skakel met die mense rondom ons, sal ons uitgedaag word om nuwe tegnologieë te gebruik, ander skedules te volg en nuwe vaardighede te ontwikkel

Dis hoe ons sterker, dapperder, beter en kleurvoller as ooit tevore deur hierdie krisis gaan kom. Dis hoe ons as gesinne, ondernemings, gemeenskappe en ’n nasie aan die stuur gaan bly en ons seile volgens die heersende winde gaan span. Dis hoe ons ons skip in die komende maande sal stuur en saam ’n nuwe wêreld sal ontdek.

Jy is nie alleen nie. Ons is saam hierin.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam