Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Opvolgerbeplanning in Finansiële Beplanning

13 January 2021

Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as jy nie meer vir jou gesin kan sorg soos jy tans doen nie?

Alhoewel dit moeilik of oorweldigend kan wees om aan opvolgerbeplanning te dink, is dit nooit te vroeg daarvoor nie. ’n Swak bestuurde oorgang kan talle probleme veroorsaak – van spanning in die familie tot finansiële verliese.

Families met goeie bestuurstrukture is beter toegerus om onvoorsiene veranderinge en moeilike besluite te hanteer om uiteindelik hul bates te beskerm. Soos met enige bestuursliggaam, moet planne en protokolle in plek wees om die voortsetting van die administrasie te verseker. Ten einde vir opvolging te beplan, het jy ’n duidelike visie nodig van wat jy wil bereik, en kennis van hoe om jou visie die beste te verwerklik.

Met die regte strukture in plek kan jy belangrike besluite neem oor wat uiteindelik met jou gesin se rykdom moet gebeur, en die optimale mediums daarstel om jou doelwitte te bereik – ongeag of jy beplan om kapitaal na toekomstige geslagte oor te dra of ’n filantropiese skenking oorweeg. Benewens strukturering moet ons verseker dat die komende generasies se verwagtinge bestuur word en dat hulle bewus is van hul rolle en verantwoordelikhede, en dit verstaan.

Een van die mees algemene probleme is dat mense nie vroeg genoeg tyd aan opvolgerbeplanning bestee nie. Jou opvolgerplan hoef nie permanent en onveranderlik te wees nie – dit is iets wat voortdurend ontwikkel.

Deeglike beplanning help om moontlike familiegeskille te vermy wanneer dit by opvolging kom. By SFP bied ons ondersteuning met die beplanning vir alle gebeurlikhede: ons bepaal wie jy wil hê voordeel uit jou boedel moet trek, hoe en in watter verhouding, die gebeurlikheid dat ’n familielid onbevoegd raak, die toekoms van die familiesaak, ens.

’n Opvolgerplan is nie ’n gebeurtenis wat plaasvind nie. Dit is ’n lang proses wat vereis dat die familiewaardes in ooreenstemming is, die regte strukture geskep en hersien word namate tye verander, moeilike gesprekke oor opvolgerbeplanning gevoer word, en dat daar spanwerk tussen die generasies is.

’n Fokus op opvolgerbeplanning binne jou finansiële reis stel jou in staat om van jou eie integriteit bewus te wees, die mense in jou lewe te respekteer en dapper die leiding te gee. Skakel ons indien jy oor opvolgerbeplanning wil gesels.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam