Is dit die moeite werd om my UA’s te konsolideer as ek naby aftrede is? Watter opsies bied Sanlam?
Terwyl die konsolidasie van al u UA-spaargeld in een fonds u kan help om makliker na ’n na-aftredeproduk oor te skakel, moet u die voor- en nadele sorgvuldig oorweeg.
Sanlam gee u twee opsies. Eerstens kan u u UA(‘s) konsolideer en in ’n Sanlam Cumulus Echo-polis omskep sonder om vroeë beëindigingskoste aan te gaan. Indien die risikovoordele wat u in u huidige ou-generasie UA gekombineer het vir u belangrik is, het Sanlam wel opsies vir u beskikbaar om hierdie voordele met ’n beperkte mate van onderskrywing te omskep.
Die Cumulus Echo Uittreeplan gee u aftreespaargeld ’n hupstoot met ’n Echo Bonus. Dit word by aftrede betaal, en die bedrag hang af van hoe lank u spaar en hoeveel bydraes u lewer. Dit is nie van u gesondheidstoestand of lewensdekkingpolis afhanklik nie. U het die opsie om u belegging gedurende aftrede voort te sit en u Echo Bonus te laat groei terwyl u ’n inkomste trek. Indien die plan gekanselleer of opbetaald gemaak word, sal u ’n deel van die Echo Bonus ontvang.
Tweedens kan u kies om na ’n Glacier UA-produk om te skakel. Die Glacier Uittree-annuïteit, wat op groei fokus, bied buigsaamheid en ’n gerieflike manier om in die mark te belê. Dit gee u toegang tot die wydste reeks goed nagevorsde fondse, kollektiewe beleggings en saamvatfondse. Feitlik ’n oneindige getal kombinasies is beskikbaar, en portefeuljes kan rondom u behoeftes saamgestel word. Aangesien dit aan ’n ander aftreefonds behoort, sal u ’n beëindigingsboete op die bestaande UA aangaan. Dit kan moeilik wees om hierdie verlies betyds vir aftrede te verhaal.