Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Moet Ek uit My Ou-generasie UA Omskakel?

7 Maart 2019

As die lid en versekerde lewe van ’n ou-generasie uittree-annuïteit (UA) van Sanlam, sal u miskien wonder of u u UA-spaargeld na ’n ander fonds moet omskakel of u UA's moet kombineer.

Verusha Ramlakhan, Hoof van Besigheidsoplossings by Sanlam, gee waardevolle insig in hierdie onderwerp.

Wat is die kenmerke van my ou-generasie Sanlam UA?

As ’n kliënt met ’n Sanlam Reëlmatige Bonusfonds UA, kry u bestendige beleggingsgroei, ongeag die marktoestande. U ou-generasie Sanlam UA is ontwerp om u blootstelling aan korttermyn-markonbestendigheid te verminder, omdat Sanlam ’n deel van die opbrengste wat in tye van sterk markgroei verdien word, terughou om opbrengste in tye van swak markgroei aan te vul.

Benewens die bonusse wat reeds op u die verklaar is, kan daar ook ingeboude beleggingswaarborge wees, wat uitstekende waarde bied wanneer u UA uitkeer. U kan hierdie voordele verbeur as u uit u huidige UA omskakel voordat die kontraktermyn eindig. Verder het u miskien risikovoordele – soos sterfte- en ongeskiktheidsvoordele – indien u hierdie voordele by die aanvang van die polis gekies het. Die vervanging van hierdie voordele kan duur wees wanneer u ouer is.

Soos met enige UA, kry u belastingbesparingsvoordele, omdat u u bydraes tot ’n UA van u belasbare inkomste kan aftrek, tot ’n gespesifiseerde perk.

Wat gebeur as ek my UA-spaargeld na ’n ander fonds oordra?

U kan vir vroeë beëindigingskoste aanspreeklik wees, wat die welvaart wat u vir aftrede opgebou het, sal verminder. U kan ook risikovoordele verloor wat as ’n byvoordeel by die polis gevoeg is.

As u egter nog ’n paar dekades voor aftrede oor het, reken u miskien dat u genoeg tyd het om hierdie koste en verliese te verhaal. Na gelang van u risikoprofiel, sal u miskien ook meer direkte markblootstelling wil kry deur ’n nuwe-generasie UA, in plaas van om reëlmatige opbrengste met u ou-generasie UA te verdien.

Ek wil my UA’s konsolideer sonder om enige aftreespaargeld te verloor. Watter opsies bied Sanlam?

U kan na ’n Sanlam Cumulus Echo-produk omskakel sonder om u aftreespaargeld aan beëindigingskoste bloot te stel. U moet egter in gedagte hou dat dit ’n suiwer spaarproduk is, sonder bykomende risikovoordele. Indien die risikovoordele wat u in u huidige ou-generasie UA gekombineer het vir u belangrik is, het Sanlam wel opsies vir u beskikbaar om hierdie voordele met ’n beperkte mate van onderskrywing te omskep.

Tweedens kan u kies om na ’n Glacier UA-produk om te skakel. Die Glacier Uittree-annuïteit, wat op groei fokus, bied buigsaamheid en ’n gerieflike manier om in die mark te belê. Dit gee u toegang tot die wydste reeks goed nagevorsde fondse, kollektiewe beleggings en saamvatfondse. Feitlik ’n oneindige getal kombinasies is beskikbaar, en portefeuljes kan rondom u behoeftes saamgestel word. Aangesien dit aan ’n ander aftreefonds behoort, sal u ’n beëindigingsboete op die bestaande UA aangaan. Dit kan moeilik wees om hierdie verlies betyds vir aftrede te verhaal.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam