Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Moet Ek uit My Ou-generasie UA Omskakel?

7 Maart 2019

As die lid en versekerde lewe van ’n ou-generasie uittree-annuïteit (UA) van Sanlam, sal u miskien wonder of u u UA-spaargeld na ’n ander fonds moet omskakel of u UA's moet kombineer.

Verusha Ramlakhan, Hoof van Besigheidsoplossings by Sanlam, gee waardevolle insig in hierdie onderwerp.

Wat is die voordele van my ou-generasie Sanlam UA?

Soos met enige UA, is daar belastingbesparingsvoordele, omdat u u bydraes tot ’n UA van u belasbare inkomste kan aftrek, tot ’n gespesifiseerde perk. Hierbenewens is u ou-generasie UA ’n unieke gekombineerde produk, wat die voordele van ’n spaarplan asook opsionele risikovoordele bied. Na gelang van die manier waarop die polis gestruktureer is, kan u toegang hê tot sterfte-, ongeskiktheids- en ongeluksdekking, ens. Indien u die polis aangegaan het toe u jonger was, sou u hierdie risikovoordele teen ’n gunstige tarief gekry het – omdat hierdie premies gewoonlik duurder is hoe ouer u is.

Wat gebeur as ek my UA-spaargeld na ’n ander fonds oordra?

Die oordrag van u aftreespaarvoordele na ’n ander fonds voordat u UA uitkeer, kan u aan beëindigingskoste blootstel. U kan ook sommige van die risikovoordele wat by die huidige polis ingebou is, en enige waarborge wat aan die polis se uitkering gekoppel is, verloor. Die realisering van hierdie koste en verliese kan beteken dat u uiteindelik ’n kleiner bedrag oor het. U moet dus sorgvuldig oorweeg waar u die oorblywende deel van u spaargeld wil belê – en of die gepaardgaande markskommelinge dit dalk moeilik kan maak om die verliese wat aangegaan word in te haal.

Ek wil my UA’s konsolideer sonder om enige aftreespaargeld te verloor. Watter opsies bied Sanlam?

U kan na ’n Sanlam Cumulus Echo-produk omskakel sonder om u aftreespaargeld aan beëindigingskoste bloot te stel. U moet egter in gedagte hou dat dit ’n suiwer spaarproduk is, sonder enige risikovoordele. Indien die risikovoordele wat u in u huidige ou-generasie UA gekombineer het vir u belangrik is, het Sanlam wel opsies vir u beskikbaar om hierdie voordele met ’n beperkte mate van onderskrywing te omskep, wat u premies kan verhoog.

Die Cumulus Echo Uittreeplan gee u aftreespaargeld ’n hupstoot met ’n Echo Bonus. Dit word by aftrede betaal, en die bedrag hang af van hoe lank u spaar en hoeveel bydraes u lewer. Dit is nie van u gesondheidstoestand of die lewensdekkingpolis afhanklik nie. U het die opsie om u belegging gedurende aftrede voort te sit en u Echo Bonus te laat groei terwyl u ’n inkomste trek. Indien die plan gekanselleer of opbetaald gemaak word, sal u ’n deel van die Echo Bonus ontvang.

Tweedens kan u kies om na ’n Glacier UA-produk om te skakel. Die Glacier Uittree-annuïteit, wat op groei fokus, bied buigsaamheid en ’n gerieflike manier om in die mark te belê. Dit gee u toegang tot die wydste reeks goed nagevorsde fondse, kollektiewe beleggings en saamvatfondse. Feitlik ’n oneindige getal kombinasies is beskikbaar, en portefeuljes kan rondom u behoeftes saamgestel word. Aangesien dit aan ’n ander aftreefonds behoort, sal u ’n beëindigingsboete op die bestaande UA aangaan. Dit kan moeilik wees om hierdie verlies betyds vir aftrede te verhaal.

Indien u nog ’n redelike tyd oor het voor u aftree, is dit maklik om net na die kort termyn te kyk en u produkte aan te pas en te verander. Om egter maksimum waarde uit enige UA te kry, is dit die beste om na die lang termyn te kyk – kry die beste UA vir u behoeftes en bly belê daarin. Hoe meer tyd u bestee om in u aftrede te belê, hoe meer trek u voordeel uit saamgestelde rente, wat regtig u toekomstige welvaart maksimaal vermeerder.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam