19 November 2020
Ons kry met baie wanopvattings te make wanneer ons kliënte help om mediese dekking te kies, en daarom wil ons vandag daardie verwarring uit die weg probeer ruim.
’n Mediese skema is nie dieselfde as mediese versekering nie Mediese versekering is ’n produk wat meer op die vervanging van inkomste gemik is – om vir hospitaalverblyf of ’n sekere diagnose te betaal – en hang nie noodwendig af van waarvoor jy gefaktureer word nie. Mediese versekering word ook nie deur die Wet op Mediese Skemas gereguleer nie. Die funksie van ’n mediese skema is hoofsaaklik om jou mediese rekeninge te betaal, en uitbetalings word gegrond op wat jy ooreenkomstig die skema se tariewe gevra word.
100% dekking beteken nie jy hoef nie ’n bybetaling te doen nie Selfs al behoort jy aan ’n mediese skema wat 100% dekking bied, kan jy steeds ’n bybetaling hê. Dis omdat jy gedek word vir 100% van die skema se tarief, wat heelwat laer kan wees as die koste van ’n privaat hospitaal of dokter wat tot 400% van die skema se tarief kan vra.
Mediese skemas is instellings sonder winsbejag Van die geregistreerde oop mediese skemas in Suid-Afrika het net 8 uit 23 in 2015 ’n bedryfsoorskot aangeteken. Alhoewel mediese skemas dikwels gevestig is in groot versekeringsmaatskappye wat ’n wins maak, verskil die wette wat hul versekeringsprodukte reguleer van mediese skema-regulasies. Enige wins wat deur ’n mediese skema behaal word, word aan die skema se reserwes toegedeel, en hierdie reserwes behoort aan die lede.
Werkgewers hoef nie skemabydraes te subsidieer nie Jou dienskontrak kan bepaal dat jy aan ’n sekere skema moet behoort, maar dit beteken nie dat jou bydraes gesubsidieer sal word nie.
Pensioenarisse betaal nie laer ledebydraes nie Alhoewel pensioenarisse in baie ander sektore kortings ontvang, word dit eenvoudig nie by mediese skemas toegelaat nie. Trouens, dis onwettig.
Alhoewel hierdie beknopte oorsig teen druktyd korrek was, kan dit mettertyd verander, dus is dit altyd raadsaam om jou finansiële beplanner te raadpleeg voordat jy enige veranderinge maak of ’n eis op jou mediese dekking wil indien.
Maak seker jy lees Deel Twee, waarin ons van die wanopvattings oor mediese dekking opklaar.