Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Vind Betekenis in ’n Krisis

11 Mei 2020

"Soms het jy ’n klein krisis nodig om jou adrenalien te laat vloei en jou te help om jou potensiaal te bereik.” Jeanette Walls

Daar is drie plekke waarin ons kan lewe: gister, vandag en môre. Om in die verlede te lewe, gee vir party van ons ’n gevoel van gemak en heimwee. Vir ander kan dit voel of ons in die verlede vasgevang is en nie vorentoe kan beweeg nie.

Vir dié van ons wat in môre lewe… ons is die futuriste. Ons stel ons dalk ’n wêreld voor waarin ons probleme opgelos is, of ’n wêreld wat ernstig reggestel moet word en ons wil graag glo iets goeds gaan gebeur voordat dit nog eintlik gebeur het. Weereens probeer ons ’n mate van beheer verkry.

Indien ons in die ‘gisters’ en ‘môres’ lewe, sal ons nooit ons potensiaal bereik of ware betekenis ontdek nie. Ons krag, energie en talente gaan vassteek by gesprekke van moet en behoort.

Dit verg dikwels ’n krisis om ons wakker te skud uit die herinneringe aan gister en die drome oor môre. Een van die moeilikste dinge in die lewe is om teenwoordig te wees… in die hede.

Wanneer iets verkeerd loop, sê ons dikwels: ‘Moenie moedeloos raak nie. Dis nie so ’n groot terugslag nie.’

Maar wat as ’n terugslag juis is wat ons nodig het om ’n nuwe koers in te slaan? Wat as ’n krisis is wat ons werklik nodig het om van rigting te verander? Dit kan dalk die enigste manier wees om op te hou om in die verlede, of die toekoms, te lewe. ’n Krisis kan dalk die regte middel wees om ons te help om in die hede te lewe en dit kan presies wees wat ons nodig het om van swak gewoontes af te sien en op te hou om alles tot môre uit te stel.

Wanneer ons hindernisse teëkom, kán ons dit oorkom. Ons kan ’n ander koers inslaan wat ’n beter uitkoms vir ons beteken. Om ons potensiaal te bereik, is nie iets wat ons ’n paar jaar gelede gedoen het nie, en nie iets wat ons moontlik in die komende jare sal bereik nie. Dit is iets waarvoor ons vandag verantwoordelikheid kan aanvaar.

Wanneer ons in ‘vandag’ lewe, besef ons dat dit nie oor beheer gaan nie; dit gaan oor betekenis. Hoe ons ons tyd en ons geld bestee – dit wys wie ons tans is, nie wie ons vroeër was of wie ons moontlik in die toekoms sal wees of nie sal wees nie. Dit help ons om wie ons is en wat ons het te waardeer, in plaas daarvan om te dink aan wat ons verloor het of aan wat ons dalk nooit sal hê nie.

Wanneer jy saam met jou finansiële adviseur werk, kan jy bykomende voordeel begin trek uit die gesprekke wat jou gefokus en op koers sal hou. Dit sal jou ook die geleentheid gee om selfs meer waarde te ontsluit en betekenis aan jou finansiële plan te gee.

Ons het dit dalk gister ’n krisis genoem, maar môre kan ons moontlik sê dat dit die beste ding is wat nog ooit met ons gebeur het. Al wat hierdie twee punte skei, is wat ons besluit om vandag te doen.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam