Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Waarop Fokus Jy in Jou Finansiële Plan?

8 Maart 2022

Finansiële beplanning is soveel meer as om net ’n begroting op te stel en daarby te hou. Dis die beginpunt; dis waar ons die gewoonte begin aankweek om te verstaan hoe ons geld vloei en leer om met die stroom saam te gaan, maar dis slegs ’n klein deeltjie van wat geïntegreerde beplanning regtig kan bereik.

By Succession Financial Planning (SFP) fokus ons daarop om jou te help om jou volle rykdom te integreer op ’n manier wat jou in staat stel en bemagtig om betekenisvol te lewe.

Ons besef dat dit nie iets is wat jy maklik alleen kan doen nie (dis waarom ’n gemeenskap so belangrik is), maar terselfdertyd is dit nie iets wat iemand anders vir jou kan doen nie.

Die ontsluiting van jou doel, die toevoeging van waarde vir jou geliefdes en die finansiering van jou toekoms verg alles voortgesette gesprekke en optrede wat gesonde gewoontes bou en ondersteun. Dis baie gevra, en saam met alles in die lewe kan dit oorweldigend raak. En wanneer dit gebeur, is ons geneig om fokus te verloor en sake hul gang te laat loop.

Ons het ’n kontrolelys opgestel om jou te help om jou fokus op jou finansiële plan te vind en te behou. Ons doel met hierdie lys is om jou te help om die gapings tussen ons gereelde finansiële beplanningsvergaderings te oorbrug sodat jy op koers kan bly en die meeste voordeel kan trek uit dit wat ons jou help om in plek te plaas.

Kortom, hier is die grondbeginsel: fokus op dit wat jy kan beheer en laat die ander dinge verbyvloei.

Dinge wat jy kan beheer

Jou doelwitte
Ons het aan die begin genoem dat ’n begroting ’n beginpunt is vir die aankweek van goeie gewoontes. Voordat ons egter na ’n goed geïntegreerde begroting kan kyk, het ons dit nuttig gevind om terug te tree en oor doelwitte te gesels. Sonder hierdie ontleding van aspirasie en inspirasie wat eie aan jou en jou gesin is, is dit moeilik om ’n finansiële plan op te stel wat relevant is en saamhang met wat jy in die lewe wil bereik.

Jou plan
’n Plan is ’n riglyn of padkaart wat ons help om die landskap, die reis en die bestemming te verstaan. Dis nie ’n reguit lyn of ’n bepaalde roete nie. Net soos jy enige aantal maniere kan kies om van Johannesburg na die kus te ry, kan jy talle maniere kies om jou toekoms te finansier – en jy kan onderweg van plan verander.

Jou kontantvloei
As jy ’n begroting in plek het, kan dit jou help om jou geldvloei te verstaan en te bestuur. Party van ons kliënte verkies om dit ’n besteding-en-spaar-plan te noem, en jy kan dit daagliks, weekliks of elke twee weke nagaan. Wat belangrik is, is dat jy nie die gereelde bestuur van jou kontantvloei afskeep nie – anders sal al jou geld eenvoudig wegsypel.

Daar is ’n paar ander elemente waarop ons kan fokus, maar waarvoor ’n langer gesprek waarskynlik nodig is omdat dit batetoewysing en fooiverdeling insluit.

Onthou, jy kan nie mark- of produkprestasie beheer nie, en daarom help dit nie om jou daaroor te kwel nie. Neem daarvan kennis wanneer dit gebeur, verander jou plan indien nodig, maar moet jou nie daaroor kwel nie.

’n Gesertifiseerde, ervare, onafhanklike en opgeleide finansiële adviseur kan jou help om jou finansiële toekoms te bestuur, jou kanse op sukses te verhoog en jou blootstelling aan risiko verminder.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam