Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Wat Is Jou (Finansiële) Ingesteldheid?

13 July 2020

Hoe ons dink en praat oor geld en daarmee omgaan, toon ons ingesteldheid teenoor geld. Ons ingesteldheid skep ’n soort verhouding met ons welvaart, en soos met ’n verhouding, is dit makliker om in stand te hou en baie meer vervullend wanneer ons op goeie voet met mekaar is.

Ten einde ’n goeie verhouding met geld te hê, moet ons kyk na hoe ons daaroor dink en of dit in ooreenstemming met ’n gesonde finansiële ingesteldheid is. Hier is ’n paar perspektiewe om ons daarmee te help.

Geld is ’n hulpmiddel, nie ’n resultaat nie

Jou geld behoort vir jou te werk, nie andersom nie. Beleggings is ’n goeie voorbeeld van hoe om jou geld vir jou te laat werk.

Baie mense beskou finansiële welvaart as ’n eindresultaat. Ons moet dit egter nie beskou as iets wat verkry en verloor word nie. Dit is beter om geld te beskou as iets wat ons gebruik, ’n dryfkrag vir groei en voorspoed, ’n hulpmiddel. Wanneer ons só daarna kyk, kan ons anders dink, praat en optree en die beste gebruik maak van wat ons het. As geld ons einddoel is, sal ons nooit genoeg hê nie.

“Geld is net ’n hulpmiddel. Dit sal jou neem waar jy wil wees, maar sal jou nie as die bestuurder vervang nie.” – Ayn Rand

Jou tyd is meer werd as geld

Ons tyd is beperk en is die enigste werklik waardevolle ding wat ons het om te gee. Jeugdigheid kan ons dikwels oorgerus maak. Om ons tyd te verleng, moet ons ons gesondheid beskerm. Sonder gesondheid sal elke ander aspek van jou lewe – gesin, loopbaan en finansies – ly.

Om jou tyd slim te belê, is moontlik die waardevolste geskenk wat jy aan jouself kan gee. Waardeer jou tyd en bestee dit verstandig.

“Jy kan meer geld kry, maar nie meer tyd nie.” – Jim Rohn

Haal geld van die emosionele voetstuk af

Stres. Frustrasie. Kommer. Dis alles woorde wat ons in verband met geld hoor. Dit kan gevaarlik wees om geld op ’n emosionele voetstuk te plaas. Geld bepaal nie ons selfwaarde nie en behoort nie ons emosionele toestand te bepaal nie.

Wanneer ’n katastrofe ’n mens tref, kan dit moeilik wees om emosie uit die situasie te neem, maar as ons voorbereid is, is dit makliker om te hanteer. Indien jy nie katastrofes verhoed nie, kan jy dit onbewus skep.

“As jy nie jou emosies kan beheer nie, kan jy nie jou geld beheer nie.” – Warren Buffett

As jy emosioneel oor jou geld is, of jou welvaart wil beskerm, of van mening is dat jou welvaart nie ten volle benut word nie, tree met ons in verbinding! Om ’n gesonde finansiële ingesteldheid te skep en te handhaaf, is nie maklik nie. Moet dus nie probeer om dit alleen te doen nie.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam