Finansiële besluite raak die hele gesin, en as sodanig behoort die hele gesin (minstens gedeeltelik) op hoogte gehou te word van doelwitte, bekommernisse en bestedingsprioriteite.
Deur hulle by die besluitnemingsproses te betrek, gee jy leiding vir soortgelyke situasies in die toekoms. ’n Bykomende bonus is dat wanneer mense bewus is van die faktore wat ’n besluit beïnvloed, hulle meer gewillig is om die keuse wat volg, te aanvaar. Maak seker jy luister na enige insette van jou gesinslede – die fokus is daarop om mekaar te ondersteun.
Konsensus is ’n belangrike faktor vir doeltreffende gesinsleierskap. Dit skep ’n gemeenskaplike verbintenis tot ’n kollektiewe toekoms.
’n Finansieel bevoegde gesin is een wat kennis dra van die bepaling van risiko en wat bewus is van hoe hul besluite diegene om hulle raak. Per slot van rekening skep die besluite wat jy neem ’n finansiële nalatenskap, nie net wat welvaart betref nie, maar ook wat betref die finansiële besluitnemingsproses wat jy oordra.
Daar is drie dinge wat jy kan oorweeg wanneer jy hierdie gesprekke met jou gesin voer:
- Hoe het jou ouers met geld gewerk en wat was jou ervaring in jou kinderjare?
- Wie is tans van jou afhanklik? (Dit kan jou kinders, lewensmaat en ouers wees.)
- Wat is jou toekomstige verantwoordelikhede? (Opvoeding, reis, aftrede, ens.)