Skip Ribbon Commands
Skip to main content

Contact

  • +27 21 950 2548
Back

Email

Skip Navigation LinksMedia Centre
 

Wat Is Nodig?

29 September 2020

Wanneer dit kom by die besteding van geld in moeilike tye, kan ons teësinnig ‘NEE’ sê. Maar die lewe is nie altyd so duidelik afgebaken nie – dis ingewikkeld. Is die koop van roomys vir ons kinders belangriker as om te spaar?

Klein uitgawes kan oploop sonder dat ons dit agterkom. Ons is die grootste voorstanders van spaar vir die toekoms, maar soms wil ons darem net ’n bietjie genot smaak. Alhoewel ons opofferings moet maak, moet ons seker maak dat ons juis nie dit wat ons probeer bereik – geluk en sukses (en let op geluk kom eerste) – opoffer nie.

Balans is waaroor dit gaan. Te veel opoffering en ons word martelare, te veel bevrediging en ons word gulsigaarde. Ten einde ’n goeie balans te vind, stel ons ’n begroting voor.

Jy dink dalk onmiddellik aan ’n saai ou sigblad wat jou uitgawes beperk en sê wat jy nie mag doen nie. Dit behoort jou eintlik te sê wat jy wel mag doen. Dit klink miskien na verspotte woordspeling, maar ’n begroting gaan daaroor om ons besteding moontlik te maak, nie om dit te beperk nie. Dit is ’n hulpmiddel wat ons sekuriteit, stabiliteit en buigsaamheid bied.

’n Begroting is ’n nuttige padkaart van ons prioriteite. Daar is baie maniere om ’n roete op hierdie padkaart te beplan, maar dit help as ons weet presies waar ons prioriteite lê. Dalk is dit vir jou ’n prioriteit om meer tyd met jou gesin deur te bring of te spaar vir ’n vakansie, of ’n vroeë aftrede of om aan die angs oor skuld te ontsnap. Wat dit ook al is, wanneer ons duidelikheid het oor wat belangrik is, raak finansiële besluite makliker.

’n Ander manier om dit te benader, is om ons uitgawes te verdeel in dit wat noodsaaklik is en dit wat ons graag wil hê. Dit is veral nuttig wanneer jy jou begroting probeer opstel in ’n huishouding met baie uitgawes. Dit maak dit vir ons moontlik om ons uitgawes noukeurig te verdeel en steeds ’n hiërargie van prioriteite te behou.

As jy jou begroting in orde wil kry, is ons hier om jou te help. Kom laat ons daaroor gesels. Tot dan, gaan koop daardie roomys.

Sanlam Life Insurance is a licensed financial service provider.
Copyright © Sanlam